GWM kan net sowel vir “Goeie-Waarde-Motor” staan.

Dié oulike motortjie is GMW se intreevlakmodel en sy aantreklikste kenmerk is sy mededingende prys. Boonop is die C10 se ontwerp nogal mooi en bied dit genoegsame spasie binnelangs.

Daar is heelwat standaardkenmerke soos ABSremme, voorste lugsakke, elektriese vensters, lugversorging en parkeersensors agter. Die C10 se 1,5-liter petrolenjin is redelik gewillig en die rit is glad. In’t kort is dit ’n goeie kopie in sy segment en as jy dus in die mark is vir ’n kompakte luikrug moet jy dalk ook by ’n GWM-handelaar ’n draai te maak.

  • PRYS R139 900
  • ENJIN 1,5 L-viersilinderpetrol; 77 kW, 138 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 12,8 sek., topspoed 175 km/h; 7,1 L/100 km
  • MEDEDINGERS Toyota Etios, VW Polo Vivo

- Wilmer Müller

GWM C10