Model getoets: Ford Fiesta 1.0 EcoBoost Titanium

Die Fiesta se voorkoms is onlangs opgekikker en die gehalte van die binneafwerking verbeter, maar dis die motor se nuwe 1,0 L-EcoBoost-enjin en rit wat ’n mens geweldig beïndruk. Moet ook nie dat die lae enjinkapasiteit jou flous nie, want die bekroonde driesilinderkragbron is ’n turboaangedrewe ingenieurswonder. Die motor voel trouens meer na ’n rats 1,4 L-model, maar met baie suinige petrolverbruik. Die Fiesta se rit is regtig goed.

  • PRYS R231 500
  • ENJIN 1,0 Ldriesilinderturbopetrol; 92 kW, 170 Nm
  • VERRIGTING 0-100 km/h in 9,4 sek., topspoed 196 km/h; 5,5 L/100 km
  • MEDEDINGERS Hyundai i20, VW Polo
  • ONS HOU VAN Enjin, rit en bougehalte
  • MAAR DIT PLA Dalk ’n bietjie duur

- Wilmer Müller (Twitter: @wilmermuller)

fiesta2

fiesta3