Natuurlik is die Qubo se grootste pluspunt dat dit redelik ruim is. Dis 3 960 mm lank, 1 720 mm hoog en 1 680 mm wyd. Boonop is daar 16 verskillende maniere waarop die sitplekke geposisioneer kan word. Dit kan ook plat gevou of uitgehaal word. As die sitplekke in hul standaardposisie is, is daar 330 L pakplek in die bagasieruim. As die sitplekke verwyder is, kan jy voorwerpe van tot 2,5 m lank in die Qubo laai.

Die gehalte van afwerking binnelangs is aanvaarbaar en daar is ook talle geriefs- en veiligheidskenmerke, onder meer kragstuur, lugverkoeling, lugsakke en ABS-remme.

Dit is nie noodwendig opwindend om die Qubo te bestuur nie, maar die motor kwyt hom goed van sy taak as ’n alledaagse ryding of as ’n gesinsvoertuig.

Die 1,4 L-petrolenjin is gewillig en die gemiddelde brandstofgebruik is 6,6 L/100 km.

As jy dus ’n ruim gesinsvoertuig soek wat nie te duur is nie, is die Qubo dalk die oplossing.

Prys: R 188 990

Enjin: 1,4 L, petrol

Krag: 54 kW

Wringkrag: 118 Nm

0-100 km/h: 16,2 sekondes

Top-spoed: 155 km/h

Brandstofverbruik: 6,6 L/100 km

Fiat Qubo Fiat Qubo