Chevrolet Trailblazer 2.8 LTZ 4x4 OUTO

Toyota se Fortuner het jare lank sy marksegment oorheers, maar toe kom krap Chevrolet verlede jaar dinge deurmekaar met die bekendstelling van sy Trailblazer.

Soos die Fortuner is die Trailblazer op ’n bakkie se onderstel gegrond, en die 4x4-model het ’n laestrekratkas. Sy padgedrag is nie te sleg nie en hy is natuurlik op sy gemak in die veld, maar sy sterk punt is dat hy, volgens Chev, ’n beter sleepvragvermoë as die Fortuner het.

Die binneruim bied baie spasie en daar is ook ’n derde ry sitplekke. Verder spog die Trailblazer met al die nodige geriefs- en veilheidskenmerke.

Die stryd bly kop aan kop tussen die Fortuner en Trailblazer.

PRYS R410 999

ENJIN 2,5 Lturbodiesel; 110 kW, 350 Nm

VERRIGTING 0-100 km/h in 10,8 sek., topspoed 180 km/h; 8,4 L/100 km

MEDEDINGERS Toyota Fortuner, Nissan Pathfinder

ONS HOU VAN Waarde vir geld, sleepvermoë en voorkoms

MAAR DIT PLA Roomkleurige binneafwerking

Wilmer Müller

chev3

chev2