Ons het BMW se 316i-model toetsbestuur

en hier is nege goed wat jy van dié model moet weet.

  1. Die 316i is BMW se intreevlakmodel vir die gewilde 3-reeks.
  2. Dit is sowat R30 000 goedkoper as die 320i en kos amper R300 000 minder as die vlagskip ActiveHybrid 3.
  3. Hierdie brood-en-bottermodel is glad nie lui nie. Die 1,6 L-turbo-enjin is gewillig en sal 0-100 km/h binne ’n skaflike 8,9 sekondes haal terwyl gemiddelde brandstofverbruik 5,8 L/100 km is.
  4. Soos ander BMW’s, is dit heerlik om die 316i te bestuur, want dit het goeie hantering en padhouvermoë.
  5. Die bestuurder kan kies tussen drie bestuursmodusse: EcoPro, Comfort en Sport, wat die gedrag van die motor aanpas. Byvoorbeeld, met EcoPro bespaar jy meer brandstof.
  6. Die binne-afwerking is van goeie gehalte en dit kom met al die nodige geriefs- en veiligheidskenmerke, maar jy kan die prys aansienlik opstoot met talle opsionele ekstras.
  7. Waar vorige 3-reeks-modelle taammlik kritiek gekry het vir beknopte beenruimte agter, bied die jongste model oorgenoeg ruimte vir passasiers agter.
  8. Die huidige 3-reeks is die sesde geslag.
  9. Die 3-reeks is trots Suid-Afrikaans en word by BMW se aanleg in Rosslyn, Pretoria, vervaardig.

Slotsom: Die 316i is ’n indrukwekkende model, wat nie net stylvol is nie, maar boonop net ’n plesier is om te bestuur. Boonop is die bougehalte baie goed en spog dit met goeie tegnologie.

[post-slider]

  • Model: BMW 316i Modern Line
  • Prys: R372 700
  • Enjin: 1,6 L-turbopetrol
  • Krag: 100 kW @ 4 350 r/min
  • Wringkrag: 220 Nm @ 1 350 r/min
  • Gemiddelde brandstofverbruik: 5,8 L/100 km
  • Mededingers: Mercedes-Benz C180, Audi A4 1,8T, VW Passat 1,8T

Wilmer Muller