Hier is die antwoorde!

RAAIWAT 1

RaaiWat01 resize

Die wiel van ’n Maankarretjie. Daar is op die oomblik ses van hulle op die maan: drie Amerikaanses, twee van Rusland en een van China. By Huisgenoot se Gateway To Space-tentoonstelling in Sandton kan jy ’n model van so ’n Maankarretjie sien.

Answer01 resize

RAAIWAT 2

RaaiWat02 resize

’n Robotarm op die Internasionale Ruimtestasie (IRS). Dié arm werk baie hard en “vang” onder meer onbemande ruimtetuie en help om hulle aan die IRS vas te meer, beweeg vrag en voorraad en kan selfs ruimtewandelaars “vang”.

Answer02 resize

RAAIWAT 3

RaaiWat03 resize

’n Kamera op Curiosity, een van die robotkarretjies wat op die oomblik Mars verken. Dit neem foto’s en video’s in 3-D wat dan Aarde toe gestuur word.

Answer03 resize

As jy nog nie by Huisgenoot se Gateway to Space-tentoonstelling in Sandton was nie moet jy begin opskud – dit duur nog net tot die einde van die maand!

Moet ook nie ons meegaande tydskrif Huisgenoot Reis na die Ruimte misloop nie – dit is by die uitstalling te koop, asook by die winkels waar jy jou Huisgenoot gewoonlik koop.

Skermgreep van die Gateway to Space webtuiste