• Hy is mal oor sy aanhangers op Facebook en Twitter. “Ek hou van die feit dat ek mense en aanhangers kan ontmoet op ’n manier wat nooit sonder sosiale media sou kon gebeur het nie. Ek kan nie sê dat daar iets is wat ek verpes nie, behalwe dat jy sosiale media versigtig moet benader.”
  • Hy Google nie homself nie. “Ek hoop maar daar is niks waansinnigs daarbuite nie, want dit sou aaklig wees. Ek is baie privaat.”
  • Vlieg is een van sy grootste vrese. “Ek is glad nie mal daaroor nie,” sê hy.
  • Hy probeer om onselfsugtig te wees. “Ek dink ons kan almal nogal selfsugtig wees op ons eie manier. Ek moet myself soms daaraan herinner dat ek geseën is en nie altyd aan my eie sukses of probleme moet dink nie. Ek verpes selfsug en lelike gedrag in myself en ander.”
  • Die liedjie waarvoor hy graag onthou sal wil word, is It’s All A Dream vanaf sy debuutalbum Notes From The Wild.
  • Ross sê meeste mense is verbaas as hulle hoor hoe sportmal hy is en dat hy sport slaafs volg. “Om een of ander rede moet ek altyd hoor ek lyk nie soos iemand wat sportmal is nie.”