Episode 8 van Kokkedoor se uitdaging was:

Brood met botter en outydse heerlikhede soos kaiings en murgbene.

Vir bakdag en die piekniek daarna het Ida en Theresa behoorlik mooi broodjies gebak. Maak daarby jou eie goue stroop vir ’n ware onthousmaak.

Lewer 1 brood

Bereiding: 30 minute

Baktyd: 30 minute

500 g witbroodmeel

5 ml (1 t) suiker

5 ml (1 t) sout

1 pakkie (10 g) kitsgis

50 g gesmelte botter en ekstra (ook gesmelt) om oor die brood te smeer vir glans sowat 300 ml sterk lou water of melk en water gemeng.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n broodpan.

1 Plaas al die droë bestanddele in ’n groot mengbak. Voeg die botter by die lou water en roer die helfte van die mengsel by die meel.

2 Voeg die res van die water bietjies-bietjies by tot ’n sagte, elastiese deeg gevorm is.

3 Maak met kleefplastiek toe en laat rus 10 minute op ’n warm plek.

4 Vorm ’n brood of rol bolletjies en plaas in ’n pan. Laat rys tot die volume verdubbel het.

5 Bak ’n halfuur tot gaar en tot dit hol klink as daarop geklop word.

6 Laat effe afkoel in die pan. Keer uit op ’n draadrak. Smeer die gesmelte botter oor vir glans.

Kokkedoor word Donderdae, 20:00, op kykNET uitgesaai.