Nou het Renault pas die eerste foto's van die Duster Oroch vrygestel, wat aanvanklik eers in Suid-Amerika te koop gaan wees.

[post-slider]

Maar, daar is 'n baie goeie kans dat die Duster-bakkie ook sy weg na Suid-Afrika sal vind en selfs al in die eerste kwartaal van 2016 by plaaslike handelaars te koop sal wees.

Daar is tans nog min inligting oor die Duster Oroch beskikbaar.

Enjinkeuses sal waarskynlik soortgelyk wees aan die sportnuts-model, wat beteken kopers sal kan kies uit 'n 1,6 L-petrol en 1,5 L-turbodiesel. Die Duster Oroch sal ook as 'n 4x2 of 4x4 beskikbaar wees.