Hiermee die volledige reëls, bepalings en voorwaardes vir kompetisies op Huisgenoot.com sowel as in die gedrukte tydskrif:

  1. Gratis SMS’e kan nie gebruik word om vir SMS-kompetisies in te skryf nie. Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik.
  2. SMS kos R1.50.
  3. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil.
  4. Personeellede van Media24 en die borg, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie.
  5. Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys.
  6. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. Hulle sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure bel. As hy of sy nie in dié tyd bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.
  7. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie.
  8. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie geruil word vir kontant of ’n ander prys nie.
  9. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4–6 weke).
  10. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys bedags afgelewer kan word en/of ’n korrekte posadres.
  11. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ’n wenner wat nie beskikbaar is tydens aflewering nie en/of die prys nie betyds by die poskantoor afhaal nie.
  12. Die kleur van ’n prys kan nie gewaarborg word nie en is onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.
  13. Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.