[post-slider]

Jeep se blinknuwe Cherokee is nou hier beskikbaar – nie net spog dit met ’n radikale voorkoms nie, maar ook die jongste tegnologie.

Ses feite oor die nuwe Cherokee:

  1. Daar is tans net twee petrolenjins beskikbaar, ’n 2,4 L, wat 130 kW en 229 Nm ontwikkel, en ’n 3,2 L V6, wat 200 kW en 315 Nm uitskop.
  2. Kopers kan kies tussen voorwiel- en 4x4-aangedrewe modelle.
  3. Daar is drie binne-afwerkingsopsies beskikbaar.
  4. Al die modelle, behalwe die intreevlak-Longitude, het leerafwerking.
  5. Die Cherokee het talle veiligheidskenmerke en het onder meer vyf sterre in die gesaghebbende Euro NCAP-botstoetse behaal.
  6. Die nuwe Cherokee het ook ’n diensplan van ses jaar of 100 000 km.

Pryse

  • 2,4 Longitude – R479 990
  • 3,2 Limited – R505 990
  • 3,2 Limited 4x4 – R563 990
  • 3,2 Trailhawk 4x4 – R607 990