’n Nuwe Afrikaanse musiekprent –Pretville – deur die skeppers van die tref-prent Liefling haal die silwerdoek betyds vir Kersfees volgende jaar.

Waar Liefling in die tradisie van Mamma Mia! was, speel Pret­ville af in die 1950’s, met musiek van rock ’n roll tot doo-wop, geoliede kuiwe, kamme in die broeksakke en uitskop-rokke.

Dit is in voeling met Amerikaanse musiekspele soos Grease en Hairspray.

SoosLieflingis die rolverdeling ’n mengsel van suksesvolle sangers en akteurs. Steve Hofmeyr, Emo Adams, Jakkie Louw, Willem Botha, Lizz Meiring, Anette Engelbrecht en Margit Meyer-Rödenbeck is in die rolverdeling.

Die hoofrolle word deur Marlee van der Merwe, Eugene Jensen en Marno van der Merwe vertolk. Marlee kan onthou word as die blondekop Melanie van Liefling wat heeltyd in Jan en Liefling se slaai probeer krap het.

Klik hier om meer te lees.

-Beeld

Volg Huisgenoot op Twitter.