• Sy sê die liedjies op die album, wat in Junie uitgereik word, is net so aansteeklik soos dié wat aanhangers al op die klankbaan van Victorious gehoor het. Dit sal net meer volwasse wees en ’n “Annie Lennox-in-die-90’s-gevoel hê”.
  • Moenie dink haar akteursloopbaan gaan stilstaan nie. Sy speel teenoor Pierson Fode in die romantiese komedie Naomi and Ely’s No Kiss List, wat later vanjaar uitgereik word, en ook in MTV se nuwe kuberrillerreeks, Eye Candy.
  • Victoria (21) en haar medester Pierson (23) is in die regte lewe ’n paartjie. Hulle het verlede jaar begin uitgaan en deel dikwels Instagram-foto’s van hulself op die rooi tapyt.
  • Wyle Shirley Temple is een van haar gunsteling-aktrises en sy noem haar “oulik verby en ’n talentvolle ikoon”.
  • Sy sê haar besige program en energieke dansery op die verhoog hou haar fiks. Sy is mal oor Zumba-oefeninge en sê dans is die lekkerste manier om slank te bly.
  • Sy het in April haar eie skryfbehoeftereeks bekendgestel. Die Victoria Justice Collection het koel Asteekse en dierepatrone en die koeverte, bedankingskaartjies en so meer is in prettige metaalkleure te kry.

Bronne: hollywoodreporter.com, instagram.com/victoriajustice, twitter.com, http://online.wsj.com, victoriajustice.net