•  Sy volle naam is ’n hele mondvol! Hy heet Theodore Peter James Kinnaird Taptiklis, maar gebruik Theo James as sy verhoognaam. Dis makliker om te spel.
  • Hy is nie net ’n mooi gesiggie nie. Die 29-jarige akteur het ’n filosofiegraad aan die Universiteit van Nottingham verwerf.
  • Hy is enkellopend en ’n fantastiese soener, verklap sy Divergent-medester, Shailene Woodley (22). “Hy is ongelooflik manlik en het ’n pragtige, sielvolle hart – en hy soen boonop lekker.”
  • Theo is nes sy karakter, Four. “Hy oortree graag die reëls en het ’n sterk gevoel van wie hy nou eintlik is. Ek dink ek het dit ook in my.”
  •  Hy het in 2007 begin toneel speel toe sy destydse meisie ’n oudisie vir dramaskool gedoen het en hy vir die grap ook probeer het. Hy is aanvaar, maar sy nie.
  • Was hy nie ’n akteur nie, sou hy waarskynlik ’n musikant gewees het. Hy sing en speel mondfluitjie, saxofoon, kitaar en klavier.
  • Hy het verskeie los werkies gedoen voor hy bekend geword het. Hy was al ’n lewensredder en kroegman en het selfs al huise skoongemaak nadat lyke daaruit verwyder is. Grillerig!

BRONNE: PEOPLE, THEOJAMESFANS.COM, TUMBLR.COM, DAILYMAIL.CO.UK, JUSTJAREDJR.COM