Deur Mieke Vlok

  • Die groep het danksy die sosiale media ontstaan. Die kitaarspeler James McVey (19) het die sanger Brad Simpson (18) op YouTube opgespoor, en die twee het toe die tromspeler Tristan Evans (19) op Facebook ontmoet. Die basspeler Connor Ball (17) is deur ’n gemeenskaplike pel ontdek.
  • Hul jongste enkelsnit, Last Night, volg op die treffers Can We Dance en Wild Heart. Al drie liedjies is op hul debuutalbum, Meet the Vamps.
  • Brad, die voorsanger, sê Last Night gaan oor “pret hê en lekker kuier”. Hulle het onlangs in Londen opgetree om geld vir kankernavorsing in te samel.
  • James sê sy “meisie” steun sy musiekloopbaan. Maar dié “meisie” is eintlik sy kat, Fizgig, wat met haar eie Twitterblad spog en meer as 900 aanhangers het.
  • Die ouens sê hulle het nie meisies nie en is mal oor die aandag wat hulle by vroulike aanhangers kry.
  • Danksy sy krulkop word Brad dikwels met Harry Styles van One Direction vergelyk, iets wat hom nou begin verveel. “Maar om eerlik te wees is daar erger mense met wie ek vergelyk kon word.”
  • James is behep met fikswees en deel dikwels foto’s van sy blokkiesmaag op Instagram.
  • Hulle het al in die voorprogram vir een van Selena Gomez se konserte opgetree. “Sy het ons na haar bus genooi en ons het met haar gesels. Sy is gaaf, plat op die aarde en baie mooi,” sê Brad.

Bronne: www.thevamps.net, http://thevampsfansite.wordpress.com,

www.facebook.com/thevampsofficial, http://www.fanlala.com, http://www.idolator.com, www.pressparty.com, metro.co.uk, instagram.com, pressparty.com