Kom nou, almal saam – Ho . . . Hey!

Gaan koop dadelik hul debuutalbum!

  • “Ho Hey was ’n manier om verveelde konsertgangers se aandag te kry,” sê die groep se voorsanger, Wesley Schultz. “Ek het gedink as ons die woorde met ’n geskree kan beklemtoon, sal ons dalk iemand se aandag trek!” Ons sê: Dit het beslis gewerk!
  • Die liedjie speel in die lokprent van Jennifer Lawrence se fliek Silver Linings Playbook.
  • Die ouens is so gewild dat al hul vertonings verlede jaar uitverkoop was. Dit lyk of hulle vanjaar weer so gaan maak!
  • Hulle het hul naam per ongeluk gekry by ’n optrede in Jersey City in New Jersey, Amerika. Die seremoniemeester het hulle so genoem, vertel die perkussiespeler, Jeremiah Fraites, “want hy het gedink ons is The Lumineers wat die volgende week daar sou optree”.
  • Watter raad het hulle vir opkomende kunstenaars? “Werk hard daaraan, asof dit ’n gewone werk is. Moenie dink aan kuns as iets wat vanself gaan gebeur nie,” sê hy.
  • “Bruce Springsteen het eenmaal gesê hy skryf nie oor wie hy is nie, hy skryf oor wie hy wil wees,” sê Wesley. “Dit geld in ’n mate vir ons ook. Van ons liedjies het hoop, al is dit nie in baie hoopvolle tye geskryf nie.”

BRONNE: BLOG.LIBBYSTORY.COM, CRUSHABLE.COM, SONGFACTS.COM