Ons kan nie genoeg kry van dié oulike Brit se treffer Stay with Me nie. Dit verskyn op sy debuutalbum, In the Lonely Hour

  • Die 22-jarige sanger se deurbraak was toe hy op die Britse electro-rockers Disclosure se liedjie Latch gesing het. Hy het kort daarna saam met die Naughty Boys in hul liedjie La La La gesing, wat hom sy eerste nommereen-treffer op die Britse trefferlyste besorg het.
  • Hy het beroemde familie. Hy is ’n verlangse nefie van die Britse sangeres Lily Allen (29) en haar broer, die Game of Thrones-akteur Alfie Allen (27).
  • Sam sê hy is ’n hopelose romantikus en die grootste deel van sy debuutalbum is geïnspireer deur iemand “op wie hy verlede jaar verlief geraak het, maar hom nie liefgehad het nie”.
  • Hy lyk dalk soos ’n rustige outjie, maar hy ly aan ernstige obsessief-kompulsiewe steuring. “Dis baie erg en dit raak erger. Ek moet die krane nagaan voor ek by die huis uitgaan, ingeval dit oorstroom,” sê hy.
  • Sam is nie al een wat opofferings vir sy loopbaan gemaak het nie. Sy ma, Kate Cassidy, is in 2009 afgedank omdat haar maatskappy beweer het sy het te veel tyd aan sy loopbaan gewy. Eisj!
  • Hy is ’n groot aanhanger van Beyoncé (32) en sê sy is een van sy groot musiekinvloede.
  • Wanneer hy ’n blaaskans het, loop hy nooit ’n episode van die sitkom Modern Family mis nie. “Ek dink Cam (Eric Stonestreet) is die beste ding wat ek nog gesien het,” sê hy.

-       Mieke Vlok

Bronne: 4Music.com, NME.com, Fame, Thefader.com, Daily Mail, GQ.com