• Die Britse sanger Ed Sheeran het haar op 16 ontdek. Sy het vir hom ’n liedjie op haar kitaar gespeel en hy was so mal daaroor dat hy haar op sy Europese toer saamgenooi het. (Sy het ook in die musiekvideo van sy liedjie Drunk gespeel).
  • Sy is omtrent talentvol en speel die kitaar, dwarsfluit en klavier.
  • Selfies gaan oor “hoe mense wanneer hulle effe terneergedruk voel, dikwels foto’s van hulself neem waar hulle gelukkig lyk of koel dinge doen en dit dan aanlyn deel. Sosiale netwerke het dit vir ons maklik gemaak om onsself uit te druk, maar ook om ’n ‘vals werklikheid’ te leef. Ons deel slegs dit wat ons vir die wêreld wil wys.”
  • Sy is die enigste kind en het in Edinburgh grootgeword as deel van ’n gesin wat glad nie musikaal is nie. Haar ma is ’n maatskaplike werker en haar pa is ’n bestuurder in die verdedigingsbedryf.
  • Die blondine was ’n model as tiener en is uiters onafhanklik. “Ek sal nooit in ’n groep kan wees nie. Ek is baie onafhanklik. Ek hou daarvan om op my eie te skryf.”
  • Sy is as die stylvolste musikant by die Skotse Styltoekennings aangewys. “Ek dink dis belangrik om ’n sterk beeld te hê, maar ook belangrik om jouself te wees. Wat ek op die verhoog dra, is ook wat ek bedags dra as ek winkels toe gaan, of waar ook al. Ek dink dis geloofwaardiger vir aanhangers.”
  • Sy probeer om ’n goeie voorbeeld te stel vir haar aanhangers, die Nesbians. “Jong meisies het my al getwiet en gesê ek is ’n inspirasie en rolmodel, en dis ’n baie oulike ding om te hoor.”

BRONNE: DRAFTEDMAGAZINE.COM, IDOLMAG.CO.ZA, STANDARD.CO.UK, KENDALLCALLING.CO.UK, EVENINGTIMES.CO.UK, THEARGUS.CO.UK, 1983MAGAZINE.COM