[caption id="attachment_86251" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

  • Die 20-jarige Amerikaanse sangeres het haar eerste kontrak om liedjies te skryf op 18 gekry en het sedertdien liedjies vir onder andere die country-popgroep Rascal Flats geskryf. “Ek was so bly ek hoef nie universiteit toe te gaan nie!”
  • Meghan kry die inspirasie vir haar danspassies by Beyoncé. “Dis die een kunstenaar wat ek baie bestudeer,” sê sy.
  • Sy het haar liedjie All About That Bass ’n halwe jaar lank sonder enige sukses aan platemaatskappye probeer bemark. Haar deurbraak het gekom toe die musiekbaas LA Reid, wat onder andere met Mariah Carey gewerk het, haar demo gehoor en haar ’n platekontrak by Epic Records aangebied het.
  • Die liedjie, wat daaroor gaan om jou lyf te aanvaar soos dit is, het ouens en meisies bemagtig. “Dit laat my sommer huil as ek daaraan dink. Daar was meisies wat vir my opstelle gestuur het oor hoe hulle hul lewe en hulself haat oor hul lyf en die manier waarop mense hulle behandel. En toe hoor hulle my liedjie en dink: ‘Vergeet dit, ek gaan myself liefhê.’ Dis ongelooflik.”
  • Meghan kan by die ouens kers vashou. Sy het op skool Amerikaanse voetbal gespeel en was die enigste meisie in die span!
  • Sy is lief vir katte en het twee, Cody en Mittens.
  • Haar aanhangers word Megatrons genoem. “My pel het dit uitgedink. Maar toe sê sy sy kan nie T-hemde met die woord daarop laat maak nie omdat die Transformers-vervaardigers my sal dagvaar. Ek sal dit so gou moontlik moet regstel!” sê sy.

-        Lara Atson

BRONNE: POPJUSTICE.COM, METRO.CO.UK, GLAMOUR.COM, RADIO.COM