• Martina is in Argentinië gebore, waar haar pa, Alejandro, ’n TV-vervaardiger is. Hy sê hulle is groot maats en sy praat oor alles onder die son met hom.
  • Sy droom al van kleins af van ’n lewe in die kollig. “Ek het altyd voor die spieël gesing en dans. En ek was mal daaroor om my ma se grimering aan te sit. Ek was altyd besig om my hiervoor voor te berei!”
  • Angelina Jolie en Jim Carrey is haar gunsteling-akteurs en sy is dol oor die tienerdramareeks Gossip Girl en die musiekblyspelreeks Smash.
  • Haar gunsteling-sangers is Justin Bieber en Miley Cyrus. “Ek hou van Madonna, Beyoncé en Rihanna, maar daardie twee was nog altyd my gunstelinge. Hulle sal vir altyd en altyd my helde bly.”
  • Sy is plat op die aarde. “Ek weet goed Violetta sal nie vir altyd aanhou nie; daarom waardeer ek my ware vriende en familie soveel. Ek weet hulle is die mense wat my altyd sal ondersteun.”
  • Haar groot droom is om ’n solo-album uit te reik, maar haar ouers wil hê sy moet wag tot sy klaar is met skool. Daarna wil sy New York toe gaan om haar musiektalente te slyp.

BRONNE: POP STAR MAGAZINE, DISNEY.CO.UK, EN.WIKIPEDIA.ORG, MARTINASTOESSELLLL.BLOGSPOT.COM