• Hul eerste enkelsnit, Thrift Shop, was ses weke lank bo-aan die Billboard Hot 100-trefferlys en hul tweede enkelsnit, Can’t Hold Us, lyk of dit ewe suksesvol gaan wees!
  • Die hip-hop-duo van Seattle het in 2008 begin saamwerk. “Daar is op die oomblik baie geleenthede om enige soort musiek te maak wat jy wil,” sê Ryan.
  • Die ouens is baie goeie pelle! “Ryan is een van my beste vriende. En hy’s waarskynlik een van my strengste kritici,” sê die 29-jarige Macklemore (sy regte naam is Ben Haggerty). “Ek bring meer tyd saam met hom deur as met enigiemand anders in my lewe. Ons is ’n span.”
  • Macklemore se liefde vir tweedehandse klere was die inspirasie agter Thrift Shop, sê Ryan (25). “Baie mense dink dis ’n slim idee vir ’n liedjie, maar Ben koop sedert ek hom ken by tweedehandswinkels. Dis ’n groot deel van sy styl.”
  • Macklemore is ’n oud-dwelmslaaf en sê sy nuwe lus vir die lewe is danksy sy verhouding met God. “Ek het besef as ek my geestelike lewe eerste stel, is die res van my lewe maklik. As ek my loopbaan eerste stel, het ek probleme.”

Volg hulle op Twitter: @macklemore en @RyanLewis

BRONNE: brainyquote.com, buzzfeed.com, interviewmagazine.com, twitter, xxlmag.com