Gaan kyk hoe doen hy sy ding teenoor sy pa, Will Smith, in die nuwe wetenskapsfiksiefliek After Earth

  • Jaden (15) is omtrent ’n veelsydige en talentvolle ou; hy kan rap, dans en toneelspeel!
  • Sy eerste soen voor die kameras was in die 2010-fliek The Karate Kid. “Wenwen Han (wat sy meisie, Meiying, speel) het senuagtig begin raak en ek het vir haar gesê: Ontspan, ontspan . . . ek doen dit goed, dit gaan oukei wees!”
  • Jaden en Kim Kardashian se 16-jarige halfsussie, Kylie Jenner, is glo ’n paartjie. “Sy is een van my beste pelle; dis baie koel,” sê hy.
  • Hy kyk nie TV nie. “Ek het op 10 ophou TV kyk omdat my ouers gesê het: ‘TV is baie sleg vir jou.’ Ek kyk flieks wat ek graag wil sien en goed soos onderhoude met Steve Jobs, goed wat my gaan slim maak, en dan gaan slaap ek.”
  •  Hy skryf gedigte en het selfs een van sy gedigte, Poem of Promise, opgeveil ten bate van Pencils of Promise, ’n liefdadigheidsorganisasie wat sy pel Justin Bieber gereeld ondersteun.

Aandag, alle Jadenators! Volg Jaden op Twitter @officialjaden.

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, METRO.US, IMBD.COM, NECOLEBITCHIE.COM, USMAGAZINE.COM, SHEKNOWS.COM, OKMAGAZINE.COM, VIBE.COM