• Iggy (24) kom van die dorpie Mullumbimby in Australië. Sy het op 14 begin rap en op 16 alleen na Miami getrek. “In my eie land het ek soos ’n buitestander gevoel. Ek was verlief op hip-hop, wat in Amerika ontstaan het. Toe reken ek hoe nader ek aan die musiek is, hoe gelukkiger sal ek wees. Ek was reg.”
  • Haar regte naam is Amethyst Amelia Kelly. Iggy Azalea is ’n samevoeging van die name van haar troetelhond en die straat waarin haar ma se huis is.
  • Sy is die eerste musikant sedert die Beatles om op dieselfde tyd twee treffers op Amerika se Billboard The Hot Top 100 het. Dis natuurlik haar gewilde liedjies Fancy en Problem.
  • Haar modehelde is nogal uiteenlopend: Grace Kelly, Gwen Stefani, die Spice Girls en selfs Fran Drescher van die sitkom The Nanny! “Ek het elke episode ’n 100 keer gekyk. Ek het my ouma altyd gevra om met haar naaimasjien vir my luiperdvelpatroon-rokke te maak.”
  • Sy is veral trots op haar liedjie Work. Dit vertel die storie van hoe sy moes vloere skrop om geld te spaar om na Amerika te trek. “Baie van my vriende het gehuil toe hulle dit hoor. Hulle het gesê: ‘Dit is jou storie.’”
  • Die musiekvideo vir Fancy is geïnspireer deur Clueless, ’n chick flick uit die 90’s. Maar wat is fancy? Sy antwoord: “Jy is nié fancy as jy ’n aanlyn kursus volg nie, of as jy ’n bril sonder voorskrif of hoëhakskoene by ’n sweetpakbroek dra, of as jy sonder naelpolitoer gesien word.
  • Iggy is ’n groot aanhanger van Ariana Grande, saam met wie sy aan haar trefferliedjie Problem gewerk het. “Sy is baie stylvol, en ek dink Ariana het een van die beste nuwe stemme van my tyd.”
  • Sonder watter drie goed kan sy nie klaarkom nie? Kruisementblare, haar inweefhare en haar selfoon.

BRONNE: SMH.COM.AU, STARCASM.NET, IDOLMAG.CO.UK, INTERVIEWMAGAZINE.COM, CELEBUZZ.COM, DAILYMAIL.CO.UK, ENTERTAINMENTWISE.COM, THEBOOMBOX.COM