• . Jy kan uit die as opstaan. Jy moet net vorentoe bly beweeg.” Raak gesê!
  • Nes die meeste meisies is Hayley dol oor grimering. Sy het onlangs ’n Hayley Williams-reeks saam met Mac Cosmetics bekendgestel. “Die beste van grimering is, jy kan jou gevoelens daarmee uitdruk. Dis kuns op jou gesig.”
  • Vir haar voorkoms, volg sy haar eie raad. In die afgelope jare het sy al haar hare van warmpienk tot donkerpers en selfs oranje gekleur. Dis dié dat die rocker John Mayer haar eenkeer “die groot oranje hoop” genoem het.
  • “Ek eet net een ding op ’n slag . . . en soms kloksgewys op my bord. Dis vreesaanjaend.” Dis nogal eienaardig, maar ons is dol oor dié anderste meisiekind!
  • Sy is ’n weldoener en ondersteun Love146, ’n organisasie wat die smokkelhandel in kinderseksslawe bestry. Sy het al slagoffers ontmoet nadat hulle gered is. “Dit het my lewe verander toe ek die stories sien lewe kry wat ek al so lank hoor,” vertel sy.

Volg haar op twitter: twitter.com/yelyahwilliams

BRONNE: Twitter.com, paramore.net, stealherstyle.net, altpress.com, bandaidrecords.com, dosomething.org, goodreads.com