• Ten spyte van haar hoofrol in die fliek, erken Hailee sy was nog nooit verlief nie. “Dit was aan die begin vir my moeilik om die karakter te probeer verstaan, maar ek het uit persoonlike ervarings en die mense om my inspirasie geput. Ek is 16. Ek het nog nooit ’n kêrel gehad nie.”
  • Hailee is dalk ’n ster, maar sy moet steeds self haar slaapkamer skoonmaak. “En my huiswerk doen, die skottelgoed was en die vloer stofsuig . . .  Ek is net soos enige ander meisie van my ouderdom.”
  • Hailee se broer, Griffin, wat haar dikwels op die stel en na onderhoude vergesel, is ’n professionele motorrenjaer.
  • Sy het goeie raad gekry by van die veterane saam met wie sy al gewerk het, soos Harrison Ford en Jeff Bridges. “Hulle het almal gesê ek moet net ’n lekker tyd hê, my tyd vat en geniet wat ek doen. Ek leef daarvolgens. Ek hou van die raad.”

Volg haar op Twitter: @HaileeSteinfeld

Bronne: vcstar.com, sheknows.com, movies,yahoo.com, theguardian.com, dailynews.com, telegraph.co.uk