[caption id="attachment_86241" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

  • Sy ouers is onderwysers. Sy ousus, Jess, is ook ’n musikant en hulle toer soms saam. “Dis lekker om iemand te hê wat nie al die bohaai oor my glo nie. Sy draai nog haar rug op my en sê my asem stink,” sê hy.
  • Hy was op skool lid van groepe wat ander mense se liedjies gesing het en het sy verhoogdebuut op 13 gemaak deur “met oogomlyner aan en in my suster se noupypjeans die deel in die vroustem van die liedjie Teenage Dirtbag te sing”.
  • Daar is ’n paar bekendes wat groot aanhangers van hom is, soos Ryan Tedder (35), voorsanger van OneRepublic. “’n Mens kan oor en oor na Budapest geluister; dit klink soos geen ander liedjie nie,” sê hy.
  • George het die meeste van die liedjies op sy debuutalbum, Wanted on Voyage, geskryf terwyl hy per trein deur Europa getoer het. “Ek het alles wat ek gesien het neergeskryf.” En glo dit of nie – hy het die inspirasie vir Budapest gekry van die een stad wat hy nie besoek het nie!
  • Hy sal sy kitaar, die rugsak “met my hele lewe daarin” en ’n broek gryp as sy huis sou afbrand.
  • Die vreemdste reaksie wat hy nog op sy sang gekry het, was toe ’n paar mense flou geword het. “Ek het gedink: ‘Was ek dan so swak dat hulle flou geword het?’”

-        Lara Atson

BRONNE: THEGUARDIAN.COM, BRISTOLPOST.CO.UK, IMPACTNOTTINGHAM.COM, USATODAY.COM, THESTUDENTPOCKETGUIDE.COM, SWIDE.COM, BRUMNOTES.COM