Sing jy net so lekker saam met Frank Ocean se treffer Lost? Daardie stem en die eerlike lirieke maak dat ons heeldag lank na dié R&B-sanger kan luister.

  • Frank (25) het al gegrap Channel Orange, sy CD wat die Grammy vir beste stadskontemporêre album gewen het, “moet mense herinner om hul vitamien C en aanvullings in te kry”.
  • Sy geboortenaam is Christopher Breaux, maar hy het in 2010 op sy 22ste verjaardag besluit om dit te verander. “Ek het na LegalZoom (’n aanlyndiens vir regsdokumente in Amerika) gegaan en dit verander. Dit was koel. Nie een van ons word deur ons name bepaal nie. As jy nie hou van jou naam nie, verander dit,” is sy raad.
  • Voor hy beroemd geraak het, was dié outjie van New Orleans ’n skrywer vir sangers soos Justin Bieber (Bigger), Jay-Z (No Church in the Wild) en Beyoncé (I Miss You).
  • Koeng foe en tai tji is van sy stokperdjies.
  • Sy gunsteling-fliek is The Shawshank Redemption.
  • Hy het op sy Tumblr-blog bekendgemaak hy is gay en sê sy jong aanhangers het hom die moed gegee om dit te doen. “Ek wens iemand wat ek bewonder het iets so openhartigs gedoen toe ek 13 was.”

BRONNE: OMG.YAHOO.COM, HOLLYWOODLIFE.COM, SOSOACTIVE.COM