Dié oulike Teen Wolf-ster is seker een van die gewildste grapmakers in Hollywood. Hy is een van die dae te sien in die wetenskapsfiksieriller The Maze Runner

  • Voor hy ’n hoofrol in Teen Wolf losgeslaan het, het Dylan (23) ’n YouTube-kanaal gehad. Daarop is video’s en spotstukke saam met sy vriende en nagemaakte musiekvideo’s. In een van sy video’s vra hy ’n meisie om saam met hom matriekafskeid toe te gaan.
  • Hy het op 14 sy eerste soen gekry.
  • Hy is dol oor Chloë Grace Moretz, Emma Stone, Anna Faris en Selena Gomez en daar is nie net een bepaalde soort meisie waarvan hy hou nie. “Ek hou van prettige, koel, interessante, ongewone meisies. Soms kry jy dit in ’n modellyf en soms is hulle kort met bruin hare. Alle vorms en groottes – dit gaan regtig oor die persoonlikheid.”
  • Hy is nie net ’n wonderlike akteur nie, hy is ook ’n goeie musikant. Hy speel nou tromme in sy en sy vriende se groep, Slow Kids at Play. Hulle is baie goed – gaan luister ’n bietjie!
  • Hy hou in die geheim van chick flicks! “Ek het drie gunstelinge: Clueless, 10 Things I Hate About You en Never Been Kissed.”
  • Hy en sy Teen Wolf-medester Tyler Posey (22) is vriende en maak soms saam musiek.
  • Dylan meen die akteur Shia LaBeouf (28) kan hom speel in die fliekweergawe van sy lewe!

-        Janine Nel

Bronne: cambio.com, seventeen.com, teenwolf.wikia.com