• Sy is ’n groot aanhanger van die reeks The Vampire Diaries en was in die wolke toe sy ’n rol in The Originals kry. “Die akteurs is ongelooflik en hulle het my almal onder hul vlerk geneem.”
  • Sy was net 10 toe sy in Chicago ontdek is tydens ’n besoek aan die haarsalon saam met haar ma. Haar eerste werkie was ’n gasrol in die TV-reeks Prison Break.
  • Danielle dra pruike in The Originals. “Ek hou die meeste van die pruike uit die vroeë 19de eeu.”
  • As sy supermagte soos haar karakter gehad het, sou sy sorg dat sy kon vlieg. “Ek hou van wyd en ver reis, en met daardie supermag sou ek enige tyd enige plek kon besoek.”
  • Haar medester Leah Pipes (25), wat Camille speel, deel ’n woonstel in Atlanta, waar die reeks verfilm word.
  • Haar deurbraakrol was die Disney-fliek Starstruck, wat in 2010 uitgereik is. Sy en haar medester Sterling Knight (24) het uitgegaan, maar is nou net vriende.
  • In haar vrye tyd help sy uit by liefdadigheidsorganisasies wat kinders en Amerikaanse militêre veterane help.
  • Haar Nuwejaarsvoorneme? “Om aan te hou om nuwe dinge te omhels: nuwe vriende te maak, my nuwe tuisdorp te verken, die lewe te ervaar.”

BRONNE: WETPAINT.COM, JUSTJAREDJR.COM, KIDZWORLD.COM, BELLO MAGAZINE