• Hy speel vanaf vierjarige ouderdom die klavier en het die gesogte Trinity School of Music in Londen se eksamens geskryf.
  • Connell (26) is baie romanties op eerste afsprake! “Dit moet beslis ’n ete in ’n spoggerige plek wees. En dit moet eindig met iets onvergeetlik en opwindend soos ’n warmlugballonrit of ’n aandrit in ’n golfkarretjie deur die dieretuin.”
  • Hy sê die liedjie wat sy werksetiek die beste beskryf, is Michael Jackson se Don’t Stop Till You Get Enough.
  • Die aantreklike ster vertel meer oor sy eerste soen. “Ek was mal oor die meisie en toe ons eendag ná skool na die parkeerterrein stap, het sy my uitgedaag om iets waansinnigs te doen. Toe soen ek haar – net daar in die skoolgang.” Oulik verby!
  • Die persoon wat hy die graagste wil ontmoet, is die voormalige 007-ster Sean Connery.
  • Hy kan nie genoeg kry van Turkish Delight nie. “Ek is mal oor die goed!”
  • Die beste raad wat hy al gekry het? “Moenie enigiets dwing nie, wees geduldig, maar werk hard, wees wie jy is en moenie vergeet wat die belangrikste is nie. Droom groot en moenie aanjaag nie.”

Volg hom op Twitter: @connellcruise