• Die 21-jarige Britse sangeres se regte naam is Charlotte Emma Aitchison. Haar verhoognaam beteken Kiss Charli Kiss. Oulik!
  • Haar ma is Indies en van Uganda en haar pa is van Skotse afkoms. Hulle is nogal koel ouers – toe sy 14 was, het hulle vir haar geld geleen om haar debuutalbum op te neem.
  • Sy is ’n regte modepop. Haar drie moet-hê-items is ’n rok met splete, ’n leerbaadjie en ’n sonbril.
  • Haar deurbraakliedjie, Boom Clap, is op die klankbaan van die nuwe tienerfliek The Fault in Our Stars. In die musiekvideo is tonele uit dié fliek, waarin Shailene Woodley (22) en Ansel Elgort (20) speel.
  • Charli erken ruiterlik sy is die slegste kok in haar gesin. En dis nie al waarmee sy swak vaar nie: Skeikunde was haar swakste vak op skool.
  • Die beste pasella wat sy al gekry het, was ’n modieuse Versace-sonbril. “Maar ek het dit twee uur later verloor.”
  • Charli is ook ’n talentvolle liedjieskrywer. Sy het help skryf aan I Love It, die Sweedse duo Icona Pop se treffer van 2012, en sing een reël in die refrein.

-       Lara Atson

BRONNE: GLOBALGRIND.COM, PEREZHILTON.COM, POPJUSTICE.COM, POPGUNBOOKING.COM, INTERVIEWMAGAZINE.COM, DETAILS.COM