• Die 21-jarige blondekop het haar debuutalbum, Hello My Name Is . . ., in 2012 uitgereik en haar eerste enkelsnit, Ready or Not, het vanjaar platinumstatus in Amerika bereik.
  • Haar sangstyl word dikwels met die Britse sangeres Cher Lloyd s’n vergelyk. “Sy het hope houding in haar musiek en dit het ’n koel klank. Ek dink daar is ’n paar verskille tussen ons, maar ek bewonder wat sy doen,” sê Bridgit.
  •  Sy en Shane Harper, wat Spencer Walsh speel in Good Luck Charlie, is ’n paartjie. Vir sy 20ste verjaardag, op Valentynsdag vanjaar, het hulle ’n “rustige aandjie by die huis” geniet. “Hy wou basketbal kyk. Ons het dit gedoen en lekker saam gekook.”
  • Sy wil graag eendag in flieks speel. “Ek dink dis die volgende stap vir my. Ek wil myself uitdaag en verskillende karakters speel.”
  • Sy was onder die bekendes wat deel was van Delete Digital Drama, ’n veldtog van die tydskrif Seventeen teen internetboelies. “Daar is ’n rede hoekom ’n geboelie aanlyn so erg is. Mense moet besef die impak van aanlyn geboelie is net so erg, want woorde kan so seer maak en dit is moeilik om so iets te verwerk.”

Volg haar op Twitter: @bridgitmendler

BRONNE: dailymail.co.uk, maximumpop.co.uk, seventeen.com, Twitter, wikipedia.org, wittyprofiles.com, youtube.com