Hallo, sexy. Dié Aussie akteur vertolk sy eerste hoofrol in die nuwe futuristiese drama The Giver

  • Brenton (25) se groot deurbraak was ’n rol in die gewilde Australiese sepie Home and Away en sedertdien was hy in ’n paar ander flieks. In Maleficent het hy prins Philip gespeel.
  • Hy’s ’n regte boekwurm. In ’n onderhoud het hy gebieg hy het reguit na die einde van JK Rowling se boek Harry Potter and the Deathly Hallows geblaai voor hy dit begin lees het.
  • Hy is ’n kunstige outjie. “Ek geniet soveel verskillende kunsvorms. Ek wil nie net op toneelspel fokus nie. Ek hou van musiek en stories skryf.”
  • Hy sukkel om aan sy loopbaan as akteur gewoond te raak. “Dit voel nogal of dit jou siel onderdruk. Jy het nie tyd om kitaar te speel of met vriende en familie te praat nie. Dis baie veeleisend,” sê hy.
  • Hy dink nie dit sal goed afgaan as hy toneelspel los nie. “Mense sou my waarskynlik in die gesig slaan, maar ek is seker my familie sal my darem nog met ope arms verwelkom.”
  • Die akteurs Jim Carrey en wyle Robin Williams inspireer hom. “Daardie akteurs het ons inspireer om mal en dramaties te wees.”
  • Hy sê die gerugte dat hy met Taylor Swift, sy medester in The Giver, uitgaan, is sommer laf. “Dis vreemd hoe die kleinste brokkie inligting wêreldwyd kan versprei as die regte naam betrokke is,” sê hy.

-        Kirstin Buick

BRONNE: cairnspost.com.au, people.com, mydaily.co.uk, elle.com