• Sy is ’n diereliefhebber en het ses katte, twee honde (een is ’n kruising tussen ’n wolf en ’n hond) en ’n waterskilpad.
  • Bella is ook mooi van binne. Sy het in Suid-Afrika asem geskep van haar werk aan Blended en MIV/vigs-slagoffertjies in die Sparrow Village-kinderhuis in Roodepoort, Johannesburg, besoek. “Hierdie kinders is my lewe,” het sy getwiet. “Ek kan nie beskryf watter suiwer vreugde uit hul harte kom nie.”
  • Sy is smoorverlief op haar kêrel, Tristan Klier (17), en die twee laai dikwels romantiese video’s en foto’s aanlyn. En hulle het saam ’n babahondjie! Ag moeder!
  • Vir ’n tienersensasie is Bella baie nederig. Terwyl sy Blended verfilm het, het sy ’n oulike foto van haar en Adam Sandler op Instagram gelaai met die onderskrif: “Dankie, Adam Sandler, Drew Barrymore, Frank Coraci en WB (Warner Brothers) vir die kans om met sulke snaakse, talentvolle akteurs saam te werk. Ek weet ek leer by die bestes.”
  • Sy is steeds beste vriendinne met haar Shake It Up-medester Zendaya. “Ek sal altyd vir jou lief wees,” het sy onlangs by ’n ou foto van die twee saam op Instagram gesê.

Volg Bella op Twitter @bellathorne

Bronne: facebook.com/bellathorne, dailymail.co.uk, disneychannelmedianet.com