• Hy is al met Justin Bieber vergelyk en net soos die Biebs sy Beliebers het, het Austin sy Mahomies. Oor dié vergelyking sê Austin: “Weet jy, dis koel. Hy is baie suksesvol. Dis baie vleiend. Maar ek wil hê mense moet my kans gee om my as kunstenaar uit te leef – te sien wie ek is.”
  • Die 17-jarige sanger is ’n enkelloper en soek ’n meisie. “Ek hou van meisies wat korter as ek is, my skedule verstaan en ’n mooi glimlag en oë het.”
  • As hy hom in drie woorde moet beskryf, sou hy sê hy is dapper, spontaan en vrymoedig.
  • Sy debuut-ateljeealbum, Junior Year, word in Oktober uitgereik. Ons kan nie wag nie!
  • Sy eerste soen was onder die water. “Ek was 14. Dit was by ’n verjaardagpartytjie en ek het ’n meisie onder die water gesoen. Dit was eintlik ’n bietjie vreemd.”
  • Sy aanhangers wil hê hy moet gelukkig wees. “Ek het aanlyn gesê ek haat my piepende kantoorstoel. En toe stuur ’n aanhanger vir my ’n nuwe stoel. Dit was vreemd! Ek gebruik dit nou nog. Dis eintlik wonderlik.”

Volg hom op Twitter by @AustinMahone en op instagram by austinmahone.

BRONNE: brainyquote.com; hollywoodlife.com; instagram; justjaredjr.com; twitter; uk.omg.yahoo.com; perezhilton.com; wikipedia.org