• “Ek voel asof ek nou my voet in die deur van die modebedryf het,” sê die 27-jarige aktrise.
  • Die voormalige ster van Mean Girls deel haar wyse raad oor hoe om nare meisies te hanteer: “Jy hoef nie na hulle te luister nie. Hulle wil jou net ontstel en sleg laat voel oor jouself. Hulle voel eintlik nie goed oor hulself nie, maar hulle sal dit nie teenoor enigeen erken nie.”
  • Sy bly weg van slegte publisiteit. “Dis baie maklik. Jy moet net jou lewe lei en nie uithang met glansmense wat die skinderblaaie haal nie. Moet niks omstrede doen nie en wees normaal. Maak vriende.”
  • Sy is ’n uitstekende sangeres en het al haar slag in die flieks Mamma Mia! en Les Misérables gewys. “Om te sing is ’n manier om ’n emosie vry te stel wat jy nie altyd met toneelspel kan uitbeeld nie,” sê sy.
  • Amanda sê sy wil graag flieks vervaardig. “Dis lekker as mense na jou idees luister, jy kreatiewe insette kan lewer en deel van die proses kan wees.” Ons hou van ’n meisie met ambisie!

Volg haar op Twitter: @AmandaSeyfried

BRONNE: brainyquote.com, epicthemovie.com, imdb.com, philstar.com, twitter.com