Dié kampioene van The X Factor – en boonop oulike paartjie! – gaan jou betower met hul liedjies Just Kids en Bumper

[caption id="attachment_86238" align="aligncenter" width="600"]Foto: Sony Music Foto: Sony Music[/caption]

  • Alex en Sierra (albei 23) het ’n oudisie vir die 12de seisoen van American Idol gedoen voor hulle ’n kans gewaag het met The X Factor. Hulle is die eerste en enigste groep wat nog die Amerikaanse weergawe van die program gewen het.
  • Die twee het mekaar in 2009 ontmoet terwyl Alex besig was om in sy kar Jason Mraz se liedjie I’m Yours op sy kitaar te speel. Hul eerste afspraak was ’n romantiese bootreis. Oulik!
  • Hulle eet vis, maar glad nie hoender of rooivleis nie.
  • Hul volle name is Alex Kinsey en Sierra Deaton.
  • Sierra was 11 jaar lank ’n beroepsdanseres en het drie internasionale pryse vir Ierse danse gewen.
  • Alex was net drie jaar oud toe hy ’n skoonheidskompetisie vir seuns, Little Master Edgewater, gewen het!
  • Alex beplan glo om Sierra binnekort te vra om te trou, maar haar familie is nogal konserwatief. “My pa sal dit nie toelaat sonder sy seën nie,” sê Sierra.
  • Hul weergawes van die liedjies Say Something en Gravity was verlede jaar albei heel bo aan die iTunes-trefferlys. Hulle is die eerste The X Factor-deelnemers wat dit kon regkry.

-        Janine Nel

Bronne: heavy.com, wikia.com, justjaredjr.com, facebook.com, Sony Music