Ons was dol oor haar as Cat Valentine in die komediereeks Victorious  en nou oorheers Ariana Grande (20) die trefferlyste met The Way, haar koel liedjie saam met Mac Miller.

  • Sy is al met die poplegende Mariah Carey vergelyk. “Dis ’n kompliment en inspirasie,” sê Ariana. “Mariah en Whitney Houston was kleintyd my heldinne.”
  • Sy is gewild op sosiale netwerke! Die Huffington Post het haar aangewys as die “derde invloedrykste aktrise op die internet”. Sy het meer as 3 miljoen Facebook-aanhangers, meer as 6 miljoen Twitter-volgers en meer as 4 miljoen Instagram-volgers. Indrukwekkend!
  • Haar debuutalbum word in Augustus uitgereik en aanhangers kan ’n eerlike album verwag. “Dis asof dit uit my dagboek kom, maar in plaas van dagboek hou het ek liedjies geskryf oor wat in my lewe gebeur; daarom is dit baie persoonlik.”
  • Sy het ’n groot hart. In 2009 het Ariana Guguletu in Kaapstad besoek as ’n lid van die liefdadigheidsorganisasie Broadway in South Africa en die kinders meer oor musiek en dans geleer. Sy het ook met Kleenex saamgewerk aan die veldtog Shield. Sneeze. Swish, wat die gebruik van sneesdoekies aanmoedig om die verspreiding van verkoues te keer.
  • Sy werk hard, maar maak tyd om te ontspan. “Van my gunsteling-dinge om in my vrye tyd te doen is om met my vriende, familie en hond uit te hang en om videospeletjies te speel en ou flieks te kyk,” sê sy.

Volg haar op Twitter: @ArianaGrande of Instagram: arianagrande.  

BRONNE: Twitter, Instagram, arianagrande.com, sheknows.com, www.nickutopia.com