• Die Amerikaanse duo bestaan uit die sangers/liedjieskrywers Ian Axel en Chad Vaccarino.
  • Voor hulle die groep gevorm het, was Ian ’n solokunstenaar en Chad sy bestuurder. Ian het die potensiaal in saamwerk gesien, maar Chad het heeltyd nee gesê. “Ek het my vriendskap so half op hom afgedwing; ek het hom bekruip en hom gedwing om na my liedjie-idees te luister,” sê Ian.
  • Albei se hart was gebreek toe hulle Say Something skryf. “Ons is genees van die toksiese verhoudings waarin ons was; dit was ons terapie en het ons gehelp om dit te verwerk,” sê Chad.
  • Die groep se naam kom uit die lirieke <It’s a great big world, and there’s no need to cry> in hul liedjie Cheer Up!
  • Chad is ook ’n akteur en het saam met Charlize Theron in die 2003-fliek Monster gespeel. Sy stem word dikwels in TV- en radioadvertensies gebruik.
  • Ian het op drie musiek begin maak. “Ek het op gehoor op my ouma se klavier begin speel en later my eie musiek gemaak.”

BRONNE: POPCRUSH.COM, BUZZFEED.COM, OUT.COM