• Sy sê sy is op sekere maniere soos haar karakter, wat in die nuwe seisoen van die sitkom kollege toe gaan. “Sy is baie opgewonde daaroor, maar dan besef sy sy is alleen en sy mis haar familie. Ek verstaan dit, want ek het op my eie Kalifornië toe getrek. Maar ek verstaan Haley nie op alle ander vlakke nie!”
  • Sy is ’n stoftrappertjie! Sarah is 1,57 m lank – 5 cm korter as haar medester Ariel Winter (15), wat haar jonger suster, Alex, speel.
  • Sarah het verlede jaar ’n nieroorplanting ondergaan weens nierdisplasie, die misvorming van die nier tydens fetale ontwikkeling. Haar pa, Edward Hyland, het sy nier aan haar geskenk.
  • Die vermaakbedryf is in haar bloed. Sarah se pa en jonger broer, Ian, is albei akteurs en haar ma, Melissa Canaday, is ’n toneelspelafrigter.
  • Sy noem Ty Burrell (haar pa in Modern Family) “my TV-pa. Hy is ’n ongelooflike, talentvolle mens. En hy is net so snaaks in die regte lewe as in Modern Family.”
  • Sy kyk eerder sport as om inkopies te doen. “Inkopies laat my stres. Ek hou van duur goed, maar wil nie R1 800 vir ’n hemp betaal nie. Ek hou nie daarvan om geld uit te gee nie.”
  • Sekssimbool? Nee dankie, sy wil eerder ’n rolmodel wees. “As jy jouself as sekssimbool uitbeeld, sit jy vroue ’n hele paar treë terug.”

Volg haar op Twitter @Sarah_Hyland

BRONNE: COMPLEX.COM, WETPAINT.COM, IMDB.COM, PEREZHILTON.COM, SARAHHYLANDWEB.COM; SEVENTEEN.COM