•  Sy en Rocky het baie gemeen, sê Zendaya. “Ons is albei skaam, mal oor skool (niks minder as ’n A-plus is goed genoeg nie!) en is vegetariërs.”
  • Haar pa is van Zimbabwe, vandaar die naam Zendaya. Dit beteken “dankie” in Shona. Haar byname is Zen, Boo en Daya.
  • Sy staan 1,8 m in haar sokkies en het haar loopbaan as ’n model begin. Sy droom daarvan om eendag haar eie klerereeks te hê.
  • Sy kom uit ’n hegte gesin wat haar voete plat op die aarde hou. “My familie sorg dat my kop reg aangeskroef bly. Hulle hou my op die regte pad.”
  • Haar enkelsnit Replay, word vandeesmaand uitgereik en haar debuutalbum, wat nog naam moet kry, later vanjaar. “Ek doen nie iets as ek nie absoluut mal is daaroor nie, anders is dit net nie die moeite werd nie,” sê sy.
  • Sy het aandele in die sosiale netwerk mobli.com, waar jy foto’s en ander inhoud kan deel. “Ek beskou myself as ’n jong sakevrou. Ek het nog altyd gedink oor my toekoms en wat ek uit die lewe wil hê.”

Volg haar op Twitter: @Zendaya

BRONNE: TWITTER; ZENDAYA.COM; DAILYMAIL.CO.UK; THEDREAMAGAZINE.COM; KIDZWORLD.COM