• Hy beskryf sy klank as “folkmusiek met ’n elektroniese ruggraat. Ek was nog altyd mal oor albei genres en ek probeer die twee kombineer.”
  • Die 22-jarige Kapenaar, wat onlangs benoem is vir ’n MK-prys in die kategorie vir nuwe kunstenaars, vertrek binnekort na Los Angeles om aan ’n musiek-ekspo deel te neem.
  • Wat beteken musiek vir hom? “Ek is nie die beste spreker nie, maar met musiek kom dit natuurlik. Dit neem baie van my tyd in beslag, dit dryf my, dit maak my wie ek is.”
  • Sy invloede? “Ek het so baie – dit wissel van diegene wat almal ken, soos Mumford & Sons, tot mense soos Gold Panda.”
  • Wat sou hy uit sy brandende huis red? “Waarskynlik my ukulele en my basketbal!”
  • Die oulike sanger is enkellopend en soek “iemand wat my simpel grappies sal verstaan”.
  • Sy grootste gebrek is luiheid, maar hy sê dit gaan binnekort verander. “Ek het verlede maand by die gim aangesluit en gaan hardloop gereeld!”
  • Wat sou hy omtrent sy voorkoms verander as hy kon? “Ek weet nie, dalk sou ek gereelder my hare laat sny. Maar dit is eintlik moontlik.”

Volg Matthew op facebook.com/matthewjmole of Twitter @MatthewJMole