• Die volle naam van die 25-jarige R&B- en popsanger is Asher Monroe Book. Hy’s in Arlington in die Amerikaanse staat Virginia gebore en is een van drie kinders.
  • Hy het al danksy sy sexy voorkoms in modeveldtogte vir Macy’s en Tommy Hilfiger gepronk.
  • Voordat hy as sanger bekend geraak het, was Asher ’n akteur. Hy was onder meer in The Mentalist en die fliek Fame te sien. “Toneelspel is baie pret. Ek geniet elke oomblik, en ek kon terselfdertyd myself onderhou en kos op die tafel sit vir my gesin,” sê hy.
  • Die legendariese Elton John is sy mentor. Die Britse popster gee gereeld vir hom raad oor musiek en Asher sê sy debuutalbum is deur Elton beïnvloed.
  • Hy deel graag inspirerende en motiverende boodskappe op sosiale media, soos dié een: “Die lewe sal nooit by jou verbygaan as jy elke dag een ding doen wat jou gelukkig maak nie.”
  • Hy is versot op energie- en vitamiendrankies en glo dit gee hom meer energie en laat hom beter slaap.
  • Dit lyk nie asof daar ’n spesiale meisie in die sanger se lewe is nie, maar julle sal dalk met sy honde moet wedywer! Asher is veral versot op sy Tibettaanse boerboel, Bear, en deel graag oulike foto’s van hulle twee op Instagram.

Bronne: Twitter.com, Instagram.com, www.illboard.com, http://ashermonroe.com; http://www.sheknows.com