Dié 28-jarige aktrise skryf: “Dis wonderlik om komplimente te kry en almal moet voel hulle is van nature mooi. Maar my hare en grimering word professioneel gedoen, vir my werk. Dis nie skoonheid nie; dis grimering, ’n krultang en haarsproei. Wat pragtige is, is binne-in jou. Dis jou kreatiwiteit; dis jou intelligensie, jou empatie en jou vriendelikheid teenoor jou medemens.

“Dit traak my min om ‘mooi’ of ‘volmaak’ te wees. Ons moet ons almal afvra waarom dit in ons samelewing die ‘hoogste’ en gewildste kompliment aan ons vriendinne is. Ek is so dankbaar vir julle ondersteuning, en so opgewonde om jul woorde te lees. Ek is so bly julle is lief vir PLL en dat julle vriendelik is en mekaar so mooi ondersteun.  Maar kom ons wees eerlik: Onderlaag en ’n haardroër maak nie ’n vrou nie. Rock voort, almal!”

Bronne: Instagram , justjaredjr.com