In dié vier minute lange video probeer hulle ’n klomp onsinnige wêreldrekords verbeter, van “die kortste tyd waarin 30 horlosies met kitare stukkend geslaan word” en “die meeste vere wat binne 30 sekondes gevang word” tot “die meeste wawiele in 20 sekondes in stewels uitgevoer” en “die vinnigste tyd waarin 10 m agteruit en geblinddoek gehardloop word met sagte speelgoed”.

Kyk hier na dié skreeusnaakse video:

http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=EFEmTsfFL5A

Kan jy dit verbeter? Besoek http://recordsetter.com/paramore as jy wil probeer.

Hier is ’n lys van al die rekords wat Paramore verbeter het:

  1. Die kortste tyd waarin 30 horlosies met kitare stukkend geslaan is – 31,33 sekondes
  2. Die meeste vere gevang binne 30 sekondes – 18
  3. Die meeste langspeelplate binne ’n minuut gebreek – 58
  4. Die langste tyd waarin ’n langspeelplaat op een vinger gedraai word – 32,81 sekondes
  5. Die kortste tyd waarin deur 10 baniere gehardloop is – 9,19 sekondes
  6. Die meeste wawiele binne 20 sekondes in stewels uitgevoer – 7
  7. Die vinnigste tyd waarin 30 voet vêr agteruit en geblinddoek gehardloop is met sagte speelgoed – 6,14 sekondes
  8. Die kortste tyd waarin ’n mummie oopgedraai is – 9,75 sekondes
  9. Die langste gil terwyl gery word in ’n afslaankapmotor – 8,48 sekondes

En die belangrikste wêreldrekord:

10. Die meeste wêreldrekords oortref in ’n musiekvideo – 10