Na bewering het die motoris ’n vuurwapen uitgehaal toe die motorfietsryer hom gekonfronteer het.

Die Johannesburgse metropolisie het gesê albei slagoffers was glo gewapen.

Die voorval het Vrydagoggend op die hoek van Boundaryweg en Malibongwe-rylaan plaasgevind.

Netcare 911 het die voorval bevestig.

Verkeer in die omgewing is erg ontwrig en motoriste is aangeraai om versigtig te bestuur.

Die polisie was omstreeks 08:45 nog op die toneel.

Bronne: SAPA, Beeld