[caption id="attachment_87648" align="aligncenter" width="600"]Rod Hemphill en Lesley Verhoef van Team Tenacity. Rod Hemphill en Lesley Verhoef van Team Tenacity.[/caption]

En hulle het ’n avontuur beleef, tot gisteraand se aflewering. Hul leuse: “Yes we can!” het hulle in die steek gelaat en hulle is uitgeskakel. Gister se uitdaging het gehandel oor tipiese padkafeekos en die spanning tussen die oorblywende sewe spanne was hoog. Terwyl dit oënskynlik ’n maklike uitdaging is, kon Team Tenacity nie die perfekte burger, tjips en melkskommel berei nie.

Terwyl hulle meen die moeilikste deel van die kompetisie is om koelkop te bly terwyl die ander kop verloor, dink Braai Buddy Lesley die gewag terwyl die beoordelaars besluit, is dalk moeiliker.

Kyk die 10de episode van Ultimate Braai Master op 13 November om 20:30 op e.tv.

Die spanne steek die grens oor na Suid-Afrika ná drie ongelooflike weke in Namibië. Hulle reis na die sogenaamde Groen Kalahari op die oewer van die Oranjerivier in die Noord-Kaap. Dit is die 10de skof van die epiese reis en ná ’n yskoue riviervaart moet die spanne drie soorte braai-pizzas maak. Terwyl party spanne goed vaar, brand ’n paar ander spanne se pogings en veroorsaak dat hulle aan ’n uitskakelingsuitdaging moet deelneem wat met vark te doen het. Ná ’n lang, harde dag om die vuur en ’n gebrek aan samewerking en kommunikasie, word een span uitgeskakel.