Skryf sommer dadelik in vir ’n opwindende nuwe TV-kosreeks, Wenresepte.

Jou resep moet binne ’n uur klaar wees en ’n lekker storie agter hom hê.

Lees eers die bepalings en voorwaardes hieronder en e-pos dan jou inskrywing aan liebe@mediaclubproductions.co.za.

Voorwaardes en bepalings:

  • Geen opgeleide sjefs mag deelneem nie
  • Deelnemers moet vir een werkdag beskikbaar wees vir die TV-opname
  • Deelnemers is verantwoordelik vir hul eie verblyf en vervoer na die Wes-Kaap
  • Deelnemers moet hul eie bestanddele verskaf.
  • As jy meer gemaklik voel met jou eie kombuistoerusting (bv. potte, messe, ens.) of gespesialiseerde toerusting nodig het, moet jy dit ook saambring, sowel as items om jou gereg te stileer.
  • Jy moet ook ‘n paar foto's beskikbaar hê wat die storie agter die resep illustreer.