Die nuweling het ’n bagasieruim van 460 L, wat sowat 90 L groter is as dié van die luikrugmodel. As die agtersitplekke, wat 60:40 verdeel, plat gevou word, is daar ’n allemintige 1 010 L plek.

Die reeks sal bestaan uit die 1,6 Essentia, 1,4 Turbo Essentia, 1,4 Turbo Essentia AT en 1,6 Turbo Cosmo. Die intreevlak-Essentia se 1,6 L-enjin lewer 85 kW se krag; wringkrag is 155 Nm teen 4 000 r.p.m..

Die ander modelle se turbo-aangedrewe 1,4 L-enjin lewer 103 kW en 200 Nm, terwyl die topmodel se 1,6 L-turboenjin 132 kW en 230 Nm uitskop.

Standaardveiligheids- en geriefskenmerke behoort soortgelyk aan dié van die luikrugmodel te wees. Dit sluit in ’n klankstelsel met Bluetooth, lugverkoeling en lugsakke.

Die pryse sal met die motorbekendstelling in Oktober bekendgemaak word.

- Wilmer Müller (www.twitter.com/wilmermuller)

Opel Astra sedan