Opel Astra

Opel het ’n sedanweergawe van die Astra plaaslik bekendgestel.

Van voor lyk die nuwe Astra-sedan nes die luikrugmodel, maar uiteraard het dit agterlangs ’n unieke ontwerp. Die sedan is ook 230 mm langer as die luikrug, terwyl die sedan se bagasieruim 460 L groot is. Wanneer jy die agter sitplekke platslaan, is daar 1 010 L se ruimte.

Kopers kan kies uit vier modelle met drie petrolenjin-keuses. Al die modelle het belangrike veiligheidskenmerke soos elektroniese stabiliteitsbeheer (ESP), ABS-remme, ses lugsakke en Isofix-kindersitplek-ankers.

Die Essentia-modelle spog met 17 duim-allooiwiele, elektriese en verhitte kantspieëltjies en misligte voor en agter. Binnelangs is daar ’n veelfunksie-stuurwiel, lugverkoeling, ’n ritrekenaar en sentralesluitstelsel.

Die topmodel in die reeks is die Cosmo wat 18 duim-wiele en chroom-afwerking buitelangs het. Boonop kry hierdie model ook leersitplekke. Verhitte sitplekke voor, outomatiese dubbelsone-lugverkoeling, elektriese vensters voor en agter, parkeergonsers agter en ’n elektroniese handrem.

Al die modelle het ’n vyf-jaar-/120 000 km-waarborg en ’n vyf-jaar-/90 000 km-diensplan.

Astra 1,6 L Essentia

Prys: R239 900

Enjin: 1,6 L

Ratkas: 5-gang-handrat

Krag: 85 kW

Wringkrag: 155 Nm

Gemiddelde brandstofverbruik: 6,6 L/100 km.

Astra 1,4 L Turbo Essentia

Prys: R250 900 (Handrat) / R261 300 (out.)

Enjin: 1,4 L turbo

Ratkas: 6-gang-handrat / 6 gang out.

Krag: 103 kW

Wringkrag: 200 Nm

Gemiddelde brandstofverbruik: 5,9 L/100 km

Astra 1,6 Turbo Cosmo

Prys: R284 900

Enjin: 1,6-L turbo

Ratkas: 6-gang-handrat

Krag: 132 kW

Wringkrag: 230 Nm

Gemiddelde brandstofverbruik: 6,8 L/100 km

Opel AstraOpel Astra